Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kontras - Kersmis 1914 " deur A.D. KEET
" Kontras - Kersmis 1914 " deur A.D. KEET [boodskap #88107] Di, 09 Desember 2003 14:23
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4795
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
A.D. Keet
Kontras
Kersmis 1914

Wit is die wêreld,
Wit van die sneeu;
Bokant die water
Sweef daar 'n meeu.
Blou is die hemel,
Nergens 'n wolk;
Oral is vrede
Rondom die kolk.

Spierwitte wêreld,
Diep in jou siel
Sug jy en smag jy
Om te verniel;
Skyn is jou vrede,
Donker jou hart.
Jy is maar bly oor
Ander se smart!
Vorige onderwerp: " Moederstad " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Maria " deur W.E.G. LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 18:37:40 MGT 2024